Martin Luther King Jr. was 'n Amerikaanse Baptiste-predikant en aktivis wat die mees sigbare woordvoerder en leier in die burgerregtebeweging geword het vanaf 1954 tot sy sluipmoord in 1968. Hy is veral bekend vir sy rol in die bevordering van burgerregte deur gebruik te maak van nie-gewelddadige burgerlike ongehoorsaamheid gebaseer op sy Christelike oortuigings. King se aktivisme het 'n sleutelrol in die Amerikaanse Burgerregtebeweging gespeel, en hy word allerweë beskou as een van die grootste redenaars in die Amerikaanse geskiedenis.